dwp eNewsletter
Vol 1 : Ed 4 - August 2007
| ek sê |
| debat gevra oor die kinderwysingswetsontwerp |
Die Minister van Sosiale Ontwikkeling, Dr Skweyiya, het onlangs ‘n beroep gedoen op kinders en belanghebbendes on deel te neem aan die wetgewende proses deur kommentaar te lewer op die nuwe Kinderwysigingswetsontwerp. Hierdie wetsontwerp is huidiglik voor die Nastionale Vergadering se Portefeulje Komitee vir Sosiale Ontwikkeling.
Die Wysigingswetsontwerp is ontwerp as ‘n integrale deel van die Kinderwet 38 van 2005. Die Kinderwet is op 8 Junie 2006 deur die President onderteken en sekere dele daarvan het alreeds op 1 Julie 2007 in werking getree (sien In Short van die eNewsletter van Julie 2007 hier).
Die nuwe Wysigingswetsontwerp maak voorsiening vir kindersorg aangeleenthede wat hoofsaaklik deur die onderskeie provinsiale regerings, in samewerking met sekere geakrediteerde organisasies, hanteer sal word.
Die Wysigingswetsontwerp het verder ook ten doel om die definisie en implementasie van kindersorg en kinderbeskerming uit te brei, buite die omvang van huidige argaïse model soos vervat in die ou Wet op Kindersorg.
Die Wet op Kindersorg sal dan uiteindelik vervang word deur die nuwe Kinderwet 38 van 2005. Die Wysigingswetsontwerp skep ook nuwe misdrywe met betrekking tot kinders en kinderssorg en maak voorsiening vir aangeleenthede wat daarmee verband hou.
Dr Skweyiya het verder gesê dat dit van die uiterste konstitusionele belang is dat die publiek betrek moet word by ‘n aangeleentheid soos hierdie Wetsontwerp, wat ‘n invloed het op so ‘n integrale en weerlose deel van ons gemeenskap – ons kinders. Die Ministerie beplan om konsultasies te hou in verskeie dele van die gemeenskap as deel van die openbare debat rondom die Wetsontwerp.
‘n Afskrif van die Wetsontwerp kan verkry word by www.dsd.gov.za
| contact us |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1st floor - cornerstone house
16 loop street
cape town
8001
telephone, cape town
+27-21-419.3733
telefax, general
+27-21-419.3743
telefax, collections
dept
+27-21-421.6625
telephone, london
+44-20-8133.0337
telephone, washington
dc
+1-202-657.6733
telephone, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743