dwp eNewsletter

Vol 1 : Ed 8 - December 2007

| ek sê |

| deeltitels vir landbougrond? |

In die verlede was die onderverdeling van lanbougrond ‘n massiewe kopseer vir menige boer en aktebesorger.   
 

Die Wet op Onderverdeling van Landbougrond, Wet 70 van 1970 (die Wet), omskryf landbougrond en reguleer die onderverdeling daarvan. Die hoofdoel van hierdie wet is om te verhoed dat landbougrond onderverdeel word in klein eenhede wat nie ekonomies volhoubaar is nie, en daarom stel dit die vereiste dat enige planne om lanbougrond te verdeel, deur die Minister van Landbou goedgekeur moet word. 
 

Die Wet definieer landbougrond as enige grond, behalwe gornd wat binne die jurisdiksie van ‘n munisipaliteit of dorp geleë is.  Met die inwerkingtreding van die Grondwet het hierdie definisie egter onuitvoerbaar geraak in soverre dit in stryd is met artikel 151 van die Grondwet.  Artikel 151 stel die vereiste van plaaslike regering vir die totale oppervlak van die land, sogenaamde “wall-to-wall” jurisdiksie.  Hoe is dit dus moontlik vir lanbougrond om te bestaan soos gedefinieer in die Wet op Onderverdeling van Lanbougrond? 
 

In die onlangse saak van Stalwo v Wary Holdings moes die Hoogste Hof van Appél (HHA) bepaal of lanbougrond inderdaad kan bestaan soos gedefinieer in die Wet, gegewe die allesomvattende jurisdiksie van plaaslike regerings. 
 

Die HHA het bevind dat die definisie en die vereistes in die Wet op Onderverdeling van Lanbougrond bloot ‘n tydelike oplossing was vir solank as wat ‘n oorgangsraad beheer gehad het oor die grond.  Sodra die oorgangsraad egter ontbind is en die relevante plaaslike regering op die been gebring is, val die grond binne die jurisdiksie van die plaaslike regering en is die grond dus nie meer lanbougrond soos gedefinieer in die Wet nie. 
 

Hierdie beslissing bring dus mee dat eienaars van lanbougrond aansoek kan doen by die relevante plaaslike regering vir die onderverdeling van hulle grond en om ‘n deeltitelskema op die grond te registreer sonder die rompslomp van Ministeriële toestemming. 
 

Daar moet egter genoem word dat hierdie beslissing op die oomblik geen praktiese werking het nie.   Daar is appél aangeteken na die Konstitusionele Hof teen die beslissing van die HHA, en hangende die Konstitusionele Hof se beslissing, en om verwarring te vermy, het die Registrateurs van Aktes besluit om nie die Stalwo-beslissing toe te pas nie.  Die posisie in die Akteskantoor sal dus steeds wees dat enige onderverdeling van lanbougrond deur die Minister van Lanbou goedgekeur moet word. 
 

Dit sal dus interessant wees om te sien hoe hierdie nuwe ontwikkeling geïmplimenteer word en wat die Konstitusionele Hof daaroor te sê gaan hê.


| contact us |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1st floor - cornerstone house

16 loop street

cape town

8001

 

telephone, cape town
+27-21-419.3733

 

telefax, general
+27-21-419.3743

 

telefax, collections dept
+27-21-421.6625

 

telephone, london
+44-20-8133.0337

 

telephone, washington dc
+1-202-657.6733

 

telephone, hong kong
+852-8139.7374

 

| info@dwp.co.za |

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za