dwp eNewsletter
Vol 1 : Ed 7 - November 2007
| ek sê |
| swart admin wet finaal tot einde |
In Augustus 2005 is die eerste Wetsontwerp op die Herroeping van die Swart Administrasie Wet en die Wysiging van Sekere Ander Wette in die Parlement ter tafel gelê en is dit kort daarna deur die President onderteken.
Hierdie wetsontwerp het voorsiening gemaak vir die onmiddelike herroeping van sommige artikels in die Swart Administrasie Wet en vir die toenemende herroeping van die res soos wat nuwe wette in werking gestel word.
Van hierdie artikels wat onmiddelik herroep is het onder andere ingesluit die artikels wat handel met die regte van swart vrouens om eiendom te huur en te besit (hierdie artikels is in 2004 deur die Konstitusionele Hof as onkonstitusioneel bevind) asook sekere ander artikels met betrekking tot die aanstel en die magte van tradisionele leiers.
Sederdien was daar twee verdere wetsontwerpe, een in 2006 en die nuutste een in 2007.
Die 2007 wetsontwerp maak voorsiening vir die herroeping van die laaste bestaande artikels (artikels 12 en 20 asook die Derde Skedule) van die Swart Administrasie Wet teen 30 Junie 2008. Hierdie artikels handel oor die judisiële bevoegdhede van tradisionele leiers.
Die oorspronklike 2005 Wetsontwerp het voorsiening gemaak vir die herroeping van hierdie artikels teen 30 September 2007, maar as gevolg van die kompleksiteit en onsamehangedheid van hierdie regsprosedures, is die datum nou uitgestel na 30 Junie 2008.
Die bepalings van hierdie artikel het 1 September 2007 in werking getree.
| contact us |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1st floor - cornerstone house
16 loop street
cape town
8001
telephone, cape town
+27-21-419.3733
telefax, general
+27-21-419.3743
telefax, collections
dept
+27-21-421.6625
telephone, london
+44-20-8133.0337
telephone, washington
dc
+1-202-657.6733
telephone, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743