dwp eNewsletter

Vol 1 : Ed 6 - October 2007

| ek sê |

| wysing op sekondêremaatskappybelasting verwelkom |

 

Maatskappye en beleggers vra al jare lank dat daar van die hand gedoen word met Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM) en dit blyk asof Minister Trevor Manuel uiteindelik aan hulle pleit gehoor gaan gee.

 

Die nuwe Belastingwet Wysigingswetsontwerp maak voorsiening vir die stelselmatige vervanging van SBM met ‘n nuwe belasting op dividende en wel teen ‘n laer koers. Sodra hierdie nuwe belasting in plek is, verskuif die belastingverpligting na die aandeelhouers en rus dit nie meer op die maatskappy, soos in die geval van SBM, nie. Die belasting sal egter steeds deur die maatskappy ingevorder en oorbetaal word deur middel van ‘n normale terughou belasting.

 

Die hervorming sal in twee fases geïmplimenteer word.

 

Die eerste fase tree in werking op 1 Oktober 2007 en behels dat SBM nou bekend sal staan as ‘n dividend belasting en dat die belastingbasis verbreed sal word terwyl die koers verlaag word na 10% vanaf die huidige SBM koers van 12,5%.

 

Die tweede fase tree in werking in 2008 en behels dat die SBM omskep sal word na ‘n dividend belasting op aandeelhouers en dat dit ingevorder sal word deur ‘n 10% terughou belasting op maatskappy vlak. Maatskappye sal hierdie belasting direk aan die SAID oorbetaal namens aandeelhouers. Dit word egter betwyfel of hierdie fase alreeds ten volle implimenteerbaar sal wees in 2008 aangesien dit nodig sal wees om verskeie internasionale belasting verdrae te herstruktureer.

 

Die grootste positiewe gevolg van die voorgestelde wysiging is dat maatskappye se effektiewe belastingkoers sal afneem. Indien SBM bygetel word by die 29% belastingkoers van maatskappye, kom dit neer op ‘n effektiewe koers 36,9%. Hierdie koers is hoër as in meeste ontwikkelende ekonomië. Met die nuwe dividend belasting van 10% sal die effektiewe belastingkoers afneem tot 35,4%.

 

Alhoewel daar nog onsekerheid bestaan oor die finale implimentering daarvan, word die voorgestelde wysigings oor die algemeen wyd verwelkom deur beide maatskappye en beleggers.


| contact us |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1st floor - cornerstone house

16 loop street

cape town

8001

 

telephone, cape town
+27-21-419.3733

 

telefax, general
+27-21-419.3743

 

telefax, collections dept
+27-21-421.6625

 

telefax, conveyancing dept
+27-21-425.6782

 

telephone, london
+44-20-8133.0337

 

telephone, washington dc
+1-202-657.6733

 

telephone, hong kong
+852-8139.7374

 

| info@dwp.co.za |

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za