dwp eNewsletter

Vol 1 : Ed 5 - September 2007

| ek sê |

| kwb regulasies vir nie-inwoners |

 

Ingevolge Suid-Afrikaanse inkomstebelastingwetgewing (en spesifiek die Wet op Inkomstebelasting) is nie-inwoners in SA ook verantwoordelik vir Kapitaalwinsbelasting (KWB) in sekere gevalle. Een van hierdie gevalle is waar ‘n buitelander onroerende eiendom geleë in Suid-Afrika vervreem.

 

Dit is vir die Suid-Afrikaanse Belastingdiens (SARS) baie moeilik om hierdie belasting verpligting teen nie-inwoners af te dwing. Hoe dit gewoonlik sou werk is dat die volle koopprys aan die buitelandse verkoper oorbetaal word teen registrasie van die eiendom (in sy buitelandse bankrekening natuurlik). SARS het dan geen verdere jurisdiksie oor hierdie buitelandse fondse nie.

 

Om hierdie probleem aan te spreek, is die Inkomstebelastingwet (die Wet) gewysig en maak die nuwe artikel 35A voorsiening daarvoor dat diegene wat die koopprys moet oorbetaal, verplig is om die volgende persentasies daarvan terug te hou:

- 5% van die betaling waar die verkoper ‘n individu is; o 7,5% van die betaling waar die verkoper ‘n maatskappy is;

- 10% van die betaling waar die verkoper ‘n trust is.

 

Transaksies onder R2 miljoen is vrygestel van hierdie vereistes.

 

Die bedrag wat ingevolge hierdie artikel teruggehou is, moet aan SARS oorbetaal word binne 28 dae vanaf die datum waarop die bedrag weerhou is. Waar die bedrae nie binne hierdie spesifieke tydperk oorbetaal word nie, kan die koper aanspreeklik gehou word vir rente asook moontlike boetes.

 

Vanuit hierdie verpligting ontstaan die moontlike middelike aanspreeklikheid vir sekere derdes betrokke by die transaksie. Byvoorbeeld, waar ‘n transportbesorger of eiendomsagent betrokke is en vergoeding ontvang vir hulle dienste, moet hulle, voordat betaling aan die verkoper gemaak word:

- Die koper skriftelik in kennis stel dat die verkoper ‘n nie-inwoner is; en

- Dat die bepalings van artikel 35A van toepassing mag wees.

 

Waar ‘n eiendomsagent of transportbesorger versuim om aan hierdie vereistes te voldoen, en waar hulle bewus was (of bewus moes gewees het) van die feit dat die verkoper ‘n nie-inwoner is, kan hulle gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word teenoor SARS vir die bedrag wat weerhou moes wees in terme van artikel 35A. Hierdie aanspreeklikheid word egter beperk tot die maksimum fooi wat deur die agent of die transport prokureur verhef mag word vir hulle dienste gelewer. Die agent of prokureur mag dan weer die belasting van die verkoper verhaal.

 

Die bepalings van hierdie artikel tree in werking op 1 September 2007.


| contact us |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1st floor - cornerstone house

16 loop street

cape town

8001

 

telephone, cape town
+27-21-419.3733

 

telefax, general
+27-21-419.3743

 

telefax, collections dept
+27-21-421.6625

 

telephone, london
+44-20-8133.0337

 

telephone, washington dc
+1-202-657.6733

 

telephone, hong kong
+852-8139.7374

 

| info@dwp.co.za |

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za