dwp eNewsletter
Vol 2 : Uitgawe 3 - Augustus 2008
| ek sê |
| diskriminasie: doen jou huiswerk! |
Regstellende aksie is ‘n term waarmee die meerderheid
van die algemene publiek vertroud is, veral wanneer dit
kom by die aansoek doen vir werk. Dit gebeur daagliks
dat daar in ‘n werskonderhoud aan ‘n kandidaat gesê
word dat die aanstelling ‘n “regstellende aksie
aanstelling is”, en hierdie nuus mag dan goed of sleg
wees afhangende van die kandidaat se velkleur. In die
saak van Reynardt v University of South Africa (2008) 4
BLLR 318 (LC) het Meneer Reynardt gevoel daar was
onregverdig teen hom gediskrimineer op grond van sy
kleur en het ‘n aksie teen Unisa ingestel. Die feite is
kortliks as volg:
1. Reynardt was dekaan vir een termyn van die Wetenskapfakulteit en het in 2002 aansoek gedoen vir ‘n verdere termyn. Hy was egter nie heraangestel nie en ‘n kollega, Mnr Summers, ‘n gekleurde man, het die pos gekry op grond van regstellende aksie.
2. Reynardt het hierteen beswaar gemaak en beweer dat hy die mees geskikte kandidaat vir die pos was. Verdermeer het hy ook aangevoer dat Unisa reeds sy doelwitte ingevolge sy gelyke indiensneming beleid bereik het.
3. Die arbeidshof het bevind dat Unisa se gelyke indiensneming beleid ooreenstem met die bepalings in die Grondwet en die Wet op Gelyke Indiensneming, Wet 55 of 1998
4. Die hof het uit getuies bevind dat die verhouding van swart dekane tot wit dekane reeds 75% tot 25% was en dus was Unisa se doelwit van 70% tot 30% reeds bereik.
5. Enige verdere aanstelling hierna moes dus suiwer op meriete plaasvind.
6. Indien Summers aangestel sou word sou die verhouding klim na 80% tot 20% ten gunste van die swartes
7. Die hof bevind verdermeer dat die aanstelling van Summers indruis teen die beleid van Unisa asook die bepalings van artikel 15 (4) van die Wet op Gelyke Indiensneming en kom du sneer op onbillike diskrimminasie.
8. Reynardt was dus geregtig op skadevergoeding vir die skending van sy reg op gelykheid asook vir finansiele verlies wat hy gely het.
9. Die hof bevel Unisa om skadevergoeding aan Reynardt te betaal gelykstaande aan 12 maande se inkomste.
10. Hierdie bedrag was gelyk aan R661 629.
Dit is dus duidelik dat enige kandidaat wat vir ‘n pos aansoek doen vertroud moet met die werkgewer se doelwit wat gelyke indiensneming betref.
Verdermeer is dit net so belangrik dat die werkgewer nie foute maak by aanstelling soos wat in die Reynardt-saak die geval was en hy aan die einde reuse bedrae geld aan skadevergoeding moet opdok nie.
| kontak ons |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1e vloer - cornerstone house
loopstraat 16
kaapstad
8001
telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733
telefaks, algemeen
+27-21-419.3743
telefaks, aktes
+27-21-425.6782
telefaks,
invorderingsafdeling
+27-21-421.6625
telefoon, londen
+44-20-8133.0337
telefoon, washington
dc
+1-202-657.6733
telefoon, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743