dwp eNewsletter
Vol 2 : Uitgawe 2 - Julie 2008
| ek sê |
| prokureur kan nie twee konings dien nie |
Botsing
van belange is woorde wat baie gehoor en gebruik word
tussen prokureurs asook onder die publiek daarbuite.
Maar weet ons regtig wanneer ’n botsing van belange
voorkom en wat die implikasies daarvan is indien dit wel
bestaan. Hierdie belangrike vraag het opgeduik in die
saak van Retha Meiring Attorney v Walley 2008 (2) SA
513 en die feite was kortliks as volg:
Die eiser was ‘n regsfirma waarvan Mev Meiring die alleeneienaar was. Sy het ten alle tye persoonlik in die betrokke aangeleentheid opgetree vir die verweerder, Mnr Walley. Op 30 January 2004 het Meiring en Mnr. Walley ‘n gedeeltelik skriftelike en gedeeltelik mondelingse ooreenkoms aangegaan waarin Meiring vir Mnr Walley sekere werkies sou verrig. Die skriftelike gedeelte van die ooreenkoms het grootendeels gehandel oor die betaling van fooie en uitgawes vir dienste gelewer. Meiring het in haar besonderhede van vordering beweer dat Mnr Walley aan haar die volgende instruksies gegee het:
1. Om alle moontlike stappe te doen en aksies inte stel om sy minderjarige dogter uit die buiteland te kry waarmee sy vrou gevlug het;
2. Om ‘n egskeidingsgeding in te stel teen sy vrou Mev Walley;
3. en om ‘n aksie in te stel vir tussentydse regshulp hangende die egskeiding.
Meiring het aangevoer dat sy die volgende fooie en uitgawes aangegeen het in die aangeleentheid:
1. Fooie vir werk gedoen (BTW ingesluit) R144 915,87
2. Uitgawes vir telefoon, pos, en stuur van fakse R1 807,20
3. DHL Transport R272
4. Inkomsteseëls R240
5. Advokaatsfooie in Durban (BTW ingesluit) R75 810
6. Reiskoste vir Meiring en Advokaat na London R22 708,24
7. TOTAAL R245 753,31
Mnr Walley het ‘n deposito van R20 000 betaal. Die rekening vir die verskil van R225 753,31 was op 25 April 2004 deur Meiring aan Walley gelewer. En dit is toe nou net hier waar die spreekwoordelike papaja die waaier tref en Mnr Walley besluit hy gaan nie sy rekening betaal nie en hy eis die teruggawe van die reedsbetaalde R20 000. Hy voer die volgende as redes aan vir sy nie betaling.
1. Dit was welbekend dat Meiring met Mev Walley op ‘n vorige geleentheid (vier jaar gelede) gekonsulteer en vervolgens geadviseer het, in ‘n moontlike huweliksgeskil tussen Mnr en Mev Walley.
2. Meiring het hom (Mnr) geadviseer dat sy wel teen Mev Walley nou mag optree;
3. Hy voer verder aan dat die mandaat tussen hom en Meiring teen die openbare belang en gevolglik ongeldig is;
4. En, vir die tegniese lesers, dat die ooreenkoms in stryd was met subreëls 43(7) en 43(8) van die eenvormige hofreëls.
Meiring het teruggekap dat die Kwazulu-Natalse Wetsgenootskap sowel as haar Senior Advokaat vir haar geadviseer het dat sy wel in betrokke saak kon optree. Die regter kon egter nie vasstel wanneer hierdie advies verkry was blyk nie.
Die regter het in sy uitspraak die mandaat tussen Meiring en Mnr Walley ongeldig verklaar. Meiring se eis is met koste van die hand gewys, en sy is ook beveel om die reeds betaalde bedrag van R20 000 aan Mnr Walley terug te betaal. Die regter het beslis dat die inligting wat in die vorige konsultasie tussen Meiring en Mev Walley verkry was tot haar nadeel aangewend kon word.
Die regter het ook verder gegaan en gesê dat Meiring se optrede nie net teen die openbare belang was nie maar ook hoogs onprofessioneel was. Die reëls van die Wetsgenootskap bestaan juis om lede van die publiek teen onetiese en onprofessionele gedrag aan die kant van prokureurs te beskerm.
| kontak ons |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1e vloer - cornerstone house
loopstraat 16
kaapstad
8001
telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733
telefaks, algemeen
+27-21-419.3743
telefaks, aktes
+27-21-425.6782
telefaks,
invorderingsafdeling
+27-21-421.6625
telefoon, londen
+44-20-8133.0337
telefoon, washington
dc
+1-202-657.6733
telefoon, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743