dwp eNewsletter
Vol 2 : Uitgawe 1 - Junie 2008
| ek sê |
| lig aan die einde van die tonnel? |
Die
onlangse krisis in die voorsiening van elektrisiteit
het elke Suid Afrikaner die laaste paar maande in ‘n
mindere of meerdere mate geraak en sonder om onsself as
doemprofete voor te doen, twyfel ons of daar lig aan die
einde van die tonnel is.
Met geen onmiddelike korttermyn oplssing tot die probleem nie, is dit duidelik dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat die manier waarop ons tans elektrisiteit benut onderworpe sal word aan ‘n groter mate van regulering.
Daar is verder geen twyfel daaraan dat die tekort aan elektrisiteit verdere einendomsontwikkeling in die toekoms in die wiele sal ry nie en dat daar van ontwikkelaars seersekerlik verlang sal word om verskeie en nuwe elektrisiteitsbesparings metodes en maatstawwe aan die dag te le.
Wanneer ons na die regulasies in die konsepwetsontwerp gaan kyk soos gepubliseer deur die Departement van Minerale en Energie in terme van die “WET OP DIE SENTRALE ENERGIEFONDS”, word daar vir ons ‘n goeie prentjie geskets van wat die regering in die toekoms beplan en watter mate van regulasie vir ons voorlê.
Die bepalings soos voorgestel sal afgedwing word deur die verskeie verskaffers van elektrisiteit in die land, van wie daar dan verder verlang word om te verseker dat sekere “aktiwiteite” gestaak word in hulle area van jurisdiksie. Die duidelike doel van hierdie regulasies is om beurtkrag en die af-en-toe totale verduistering te minimaliseer en die kwaliteit van die aanbod van die elektrisiteit te verbeter.
Die voorgestelde bepalings sluit onder andere die volgende in:
Ø Enige nuwe woonhuis met ‘n waarde van meer as R750 000, of waar die beslaglegging van die woning meer as 300 vierkantsmeter beslaan, sal van verlang word om elektriese geisers wat sonenergie inkorporeer om die water te verhit, te installeer;
Ø Alle nuwe geisers wat in kommersiele sowel as residensiele ontwikkelings geinstalleer word sal ‘n isolasie omhulsel moet he;
Ø Elektriese geisers met die inkorperasie van sonenergie sal teen 2010 in alle bestaande kantore, hospitale, hotelle en winkelsentrums geinstalleer moet word;
Ø Teen 2010 sal daar in residentiele sowel as kommersiele ontwikkelings fasiliteite geinstalleer moet wees wat die verskeie verskaffers van elektrisiteit in staat stel om deur middel van afstand beheer hul toevoer van elektrisiteit na gebruikers se waterverwarmer geisers, lugverkoelingstelsels en swembadverwarmers te beheer en te kontroleer.
Ø Gebruikers met ‘n maandelikse gebruik van meer as 500kWh sal op ‘n spesiale tarief geplaas word teen 2010, wat effektief sal beteken dat hulle ‘n hoer tarief sal betaal wanneer elektrisiteit in spitstye gebruik word;
Ø Alle straatligte sal verder met energie doeltreffende gloeilampe aangele word;
Alhoewel dit nog nie seker is tot watter mate die bogenoemde regulasies gewysig sal word voor promulgasie daarvan nie, is een ding seker, dat einendomsontwikkelaars die kostes soos geassosieer met die implementasie van die bogenoemde regulasies, sowel as enige additionele kostes hiermee verband, sal moet inkorporeer in hul begrotings en genoegsame ruimte hiervoor los om toekomstige verliese aan bande te lê.
| kontak ons |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1e vloer - cornerstone house
loopstraat 16
kaapstad
8001
telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733
telefaks, algemeen
+27-21-419.3743
telefaks, aktes
+27-21-425.6782
telefaks,
invorderingsafdeling
+27-21-421.6625
telefoon, londen
+44-20-8133.0337
telefoon, washington
dc
+1-202-657.6733
telefoon, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743