dwp eNewsletter

Vol 1 : Ed 10 - Maart 2008

 

| ek sê |

| amper maar nog nie stamper nie |

 

Al ooit gewonder of jy ongeoorloofd daardie droom posisie ontsê was, of net te gerieflik misgekyk was vir ‘n bevordering, wel vandeesweek kyk ons na die 2006 saak van Dunn v Minister of Defence and others. Dunn, ‘n offisier in die Suid-Afrikaanse vloot, het aansoek gedoen vir ‘n pos in die Suid-Afrikaanse Weermag, maar was, volgens Dunn, daardie pos onregmatiglik ontsê was.

 

Dunn was ontevrede met die besluit dat hy oorgesien was vir ‘n verhoging en het in die hof van eerste instansie aangevoer dat daar ‘n paar onreëlmatighede en anomalië in die aanstellings prosedure was met betrekking tot die pos wat gevul was waarvoor hy aansoek gedoen het. Dunn se bewerings, onder andere, was dat hy nie oorweeg was vir ‘n onderhoud nie, dat sy CV nie eers oorweeg was nie en dat die raad wat die aanstelling behartig het, onreëlmatig saamgeroep was.

 

Die hof van eerste instansie het bevind dat die onreëlmatighede in die procedures wat deur die raad behartig was, so fundamenteel van aard was dat dit fataal tot die verrigtinge is. Die hof het verder bevind dat Dunn administratiewe geregtigheid ontsê was en het beveel dat die Departement van Verdediging aan Dunn dieselfde salaris en voordele betaal soos hy sou ontvang indien hy tot die pos bevorder sou word waarvoor hy aansoek gedoen het. Dit het dus die effek van ‘n bevordering daargestel.

 

Ons Departement van Verdediging het dit egter nie daar gelaat nie en het die bogenoemde beslissing op appel geneem, waar appélregter Lewis tereg beslis het dat daar hoegenaamd geen basis was vir die besluit van die Weermag om hersien te word nie. Lewis gaan verder en bevind dat daar gevolglik ook geen uitsonderlike omstandighede aanwesig was wat die hof van eerste instansie se beslissing kon regverdig om skadevergoeding aan Dunn toe te staan in terme van artikel 8(1)(c)(ii)(bb) van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (No 3 van 2000) nie.

 

Die appelhof het verder beslis dat die hof van eerste instansie fouteer het deur vir Dunn ‘n bevordering toe te ken. Net die Minister van Verdediging het die bevoegdheid om bevorderings en aanstellings in die weermag te gelas.

 

Lewis het sy uitspraak afgesluit deur daarop te wys dat Dunn buitendien geen verlies bewys of getoon het nie en dat die hof van eerste instansie gevolglik fouteer het deurdat die besluit van die minister van verdediging om nie vir Dunn te bevorder nie, nie hersienbaar was nie en dat die bevel soos deur daardie hof gemaak ongeoorloof was.

 

Die appel het gevolglik geslaag.

 


| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

| info@dwp.co.za |

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za