dwp eNewsletter
Vol 2 : Uitgawe 6 - November 2008
Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.
| ek sę |
| bk lid = liddoring skuldenaar? |
Om
roekeloos en nalatig op te tree as lede (en selfs nie
lede) van ‘n Beslote Korporasie en daarna agter die
regsentiteit daarvan te skuil, is uit soos koekies in
die weeshuis - na aanleiding van die volgende uitspraak
van die Hoogste Hof Van Appél.
In die Kaapse Hoogeregshof het Airports Cold Storage (Pty) Ltd (hierna “Cold Storage” genoem) vir Nizaar Ebrahim (enigste lid van die BK) en sy pa, Abbas Ebrahim, suksesvol persoonlik aanspreeklik gehou in terme van artikels 63, 64, en 65 van die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984, vir die skuld van hul BK.
Die Ebrahims het geapelleer na die Hoogste Hof van Appél wat soos volg verloop het…
Vir 3 maande lank het Cold Storage gevriesde vleis en pluimvee aan ‘n BKverskaf. Ebrahim Jnr was die enigste lid van die BK. Die BK het aan die begin baie mooi en getrou hul rekeninge betaal todat die betalings in maand 3 drasties afgeneem het. Die totale bedrag van R278 377.19 se fakture was uitstaande, Cold Storage bring toe ‘n aansoek en die BK word gelikwideer. Daar word toe aangeneem die BK is die spreekwoordelike leę dop toe vasgestel word dat die totaal van R1,8 miljoen se fakture gelewer is, maar al wat die BK na likwidasie besit het was ‘n skamele bedrag van R254.99. Cold Storage het toe in terme van artikels 63, 64 en 65 van die Wet op Beslote Korporasies ‘n aansoek gebring om Ebrahim Jnr.,wat die enigste lid van die BK was, en sy pa Ebrahim Snr persoonlik aanspreeklik te hou van die skuld van die BK.
Die volgende feite het in die verhoor uit die getuienis na vore gekom:
1. Geartner (Cold Storage se direkteur) het sedert 1997 met die Ebrahims besigheid gedoen. Hierdie besigheid tussen die partye het hoofsaaklik die lewering van gevriede vleis en pluimvee behels en die transaksie was altyd deur Ebrahim Snr. Behartig.
2. Gedurende 2005 het Gaertner ‘n BTW nommer van die BK waarmee hy in daardie staduim besigheid mee gedoen het naamlik Zaki Meat Market CC (Zaki) en Ebrahim het die BK se nommer verskaf wat toe ook ongeldig was.
3. Daar was verder vasgestel dat die boeke deur middel van ‘n Croxley faktuurboek behartig was en alhoewel die BK die kliënte BTW gevra het op die verkoopte produkte was geen BTW aan die ontvager betaal nie. Die likwidateur het vasgestel dat die BK R200 543.59 aan die ontvanger verskuldig is.
4. Verdermeer was daar geen bewyse van uitgawes wat aangegaan was nie en die BK het oor geen amptelike boekhouer beskik nie.
5. Slegs so min as 10% van die kontant wat ontvang was, was in ‘n bankrekening inbetaal. Hierdie geld was in een van die Ebrahims se ander Beslote Korporasies inbetaal. Die Ebrahims se verweer vir die nie inbetaling van kontant was om bankfooie en kontant deposito fooie te bespaar.
Die regter het bevind dat al is Ebrahim Snr. nie ‘n lid van die BK nie hy baie nou betrokke was by die bestuur en voortbestaan van die BK. Beide Ebrahims het roekeloos en nalatig opgetree deur misbruik te maak van die entiteit van ‘n Beslote Korporasie as regspersoon en daarom is beide van hulle aanspreeklik vir die skuld van die BK.
Die appél van die Ebrahims is van die hand gewys.
Die vraag wat die appélhof egter nie vir ons geantwoord het nie is, waar die balju vir die koffertjie gaan begin soek om sodoende die eiser se vonnis af te dwing. Inaggenome die werkswyse wat die Ebrahims toegepas het in hul besigheid, kan ons aflei dat hy onder die bed behoort te begin soek.
| kontak ons |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1e vloer - cornerstone house
loopstraat 16
kaapstad
8001
telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733
telefaks, algemeen
+27-21-419.3743
telefaks, aktes
+27-21-425.6782
telefaks,
invorderingsafdeling
+27-21-421.6625
telefoon, londen
+44-20-8133.0337
telefoon, washington
dc
+1-202-657.6733
telefoon, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743