dwp eNewsletter
Vol 2 : Uitgawe 5 - Oktober 2008
Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.
| ek sê |
| jou huis is 'n balk in my oog |

Wat staan mens te doen wanneer jou buurman jou dagvaar omdat jou huis se estetiese afwerking nie sy eie huis, of die van die buurt, s’n komplimenteer nie. Dit was in ‘n neutedop die aangeleentheid wat aandag geniet het in die saak van Dorland and Another v Smits toe die bure, na ‘n inbraak, hul huis prober beveilig het met die installasie en oprig van ‘n elektrifiseerde heining op die grensmuur tussen twee aangrensende eiendomme in Claremont. In hierdie gesogte area in die Kaap het die bure beweer hierdie beveiliging doen afbreuk aan die estetiese waarde van hul huis en die buurt.
Natuurlik is die saak in die dagvaarding nie so eenvoudig gestel nie en is dit eerder gebring onder die dekmantel van die Suid Afrikaanse burereg. Die Sui Afrikaanse burereg is saamgestel uit ‘n versameling van sakeregtelike en deliktuele regsreëls wat in ‘n ongemaklike kategorie saamgesnoer word. Die klaer het gepleit dat die oprig van die elektrifiseerde heining nie net ‘n balk in die oog is nie, maar ‘n potensiele risiko en gevaar inhou vir haar, haar tuinwerker en haar kleinkinders wat daarvan hou om in die bome te klouter wat naby die “gevaarlike” heining groei.
Die geleerde regter het egter vinnig deur die slinkse argumente en gedramatiseerde eedsverklarings gesien en dadelik na die hart van die problem gespreek. Die regter het toegegee dat die heining nie mooi en esteties was nie en dat die waarskuwing tekens op die heining tog ‘n steen des aanstoots was, maar dat sy opinie bloot ‘n opinie was wat nie noodwendig deur ander gedeel sou word nie. Die regter het verder bevind dat estetika ‘n aangeleentheid is waarin die howe nie sommer moet inmeng nie en het beslis dat dit onrelevant was tot die Gemenereg en die Suid Afrikaanse Burereg.
Wat betref die potensiele gevaar wat die elektrifiseerde heining inhou, het die regter beslis dat potensiele gevaar wel ‘n las en steurnis daar kan stel wat deur die Suid Afrikaanse Burereg weggedoen mee kan word. In hierdie spesifieke aangeleentheid, het die regter egter bevind dat dit ‘n vraag tot redelikheid behels deurdat daar objektief gekyk moet word na dit wat aanstoot gee en of daar van die klaer nie redelikerwys verwag kan word om dit te verdra en te duld nie. Daar was bevind dat geen deel van die heining op of oor die klaer se eiendom inbraak gemaak het nie, en dat die enigste manier hoe iemand dalk in kontak met die heining kon kom, is as daai iemand oor die heining prober klim het om toegang tot die bure se eiendom te verkry. Daar is dus bevind dat die oprigting van die geëlektrifiseerde heining ‘n deeglike en wettige beoefening van die eienaar se reg tot eienaarskap oor sy eiendom was.
Sou jou buurman dalk iets soortgelyks oprig wat jou dwars in die krop steek, is dit dalk ‘n beter idee om alle trots te sluk en met ‘n bottle whisky in die een hand en twee glase in die ander oor te stap en dit rustig uit te praat. Sodoende sal daar ten minste op kostes bespaar word en kan deur eerder oor die splinter in die oog gefilosofeer word.
| kontak ons |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1e vloer - cornerstone house
loopstraat 16
kaapstad
8001
telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733
telefaks, algemeen
+27-21-419.3743
telefaks, aktes
+27-21-425.6782
telefaks,
invorderingsafdeling
+27-21-421.6625
telefoon, londen
+44-20-8133.0337
telefoon, washington
dc
+1-202-657.6733
telefoon, hong kong
+852-8139.7374
| info@dwp.co.za |
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743