dwp eNewsletter
Vol 2 : Uitgawe 11 - April 2009
Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.
| ek sê |
| die voetstoots man-gat |
In
vandag se swaarkry ekonomie is daar nie baie van ons wat
dit regkry om vir ‘n verband te kwalifiseer om sodoene
die koop van ‘n huis te finansier nie. Maar as jy een
van die gelukkiges is wat wel kwalifiseer moet nie so
verjeug wees oor die gebeurtenis dat jy vergeet om
behoorlike inspeksie van die eiendom te doen nie.
Jannie (die verkoper) het in die Hooggeregshof van Suid-Afrika ‘n aansoek gebring vir ‘n bevel om vir Sannie (die koper) uit ‘n eiendom te laat uitsit nadat Sannie die koop gekanseleer het as gevolg van sekere latente defekte wat in die eiendom bestaan het ten tyde van kontraksluiting. Die Hooggeregshof het Jannie se aansoek om vir Sannie te laat uitsit van die hand gewys. Jannie wend hom toe tot die Appélhof en in die saak van Jannie v Sannie*, appélleer Jannie teen die Hoogeregshof se uitspraak.
Die feite was kortliks as volg:
Daar was ‘n voorwaarde in die Koopooreenkoms dat Sannie ‘n verband sou registreer en sodoende op dag van registrasie sou die Bank die bedrag deur haar geleen aan die Jannie betaal. Nadat Sannie voor die transaksie geregistreer is okkupasie van die eiendom geneem het, het hy besef dat daar sekere latente defekte ten opsigte van die eiendom was wat nie deur Jannie aan haar uitgewys was ten tyde van inspeksie van die huis nie. Een van die defekte waarna Sannie verwys het was ‘n man-gat wat in een van die buitegeboue was. Volgens Sannie was hierdie man-gat teenstrydig met die bouplanne wat deur Jannie ‘n paar jaar vantevore by die plaaslike munisipaliteit geregistreer was. Met inspeksie van die eiendom kon die Sannie ook om een of ander rede nie die buitegeboue inspekteer het nie, maar was deur die Agent verseker dat die buitegeboue in perfekte toestand was. Sannie het ook later besef dat sekere verbeteringe aan die huis nie deur die Munisipaliteit goedgekeur was nie en Sannie het vervolgens die Bank instruksies gegee om die registrasie van die transaksie uit te stel en daarom wil Jannie nou vir Sannie uit die eiendom hê.
Jannie se argument was dat hy beskerm was in die kontrak deur ‘n voetstoots klousule en daarom kan Sannie nie op die voorvermelde argumente staat maak nie. Sannie aan die ander kant het aangevoer dat die Jannie nie kan steun op die bepalings van die voetstoots klousule nie aangesien hy nie aan die statutêre bepalings voldoen het met die aanbring van die verbeterings nie.
1. Die Regter het vir Sannie tergelyk gegee dat die nie nakoming van die statutêre bepalings wel op ‘n latente defek neer kom. Maar die vraag het steeds geblyk of die voetstoots klousule in hierdie geval vir Jannie beskerm.
2. Vir Sannie om te bewys dat die voetstoots klousule nie van toepassing is nie moes sy bewys dat die Jannie nie net geweet het van die latenete defekte nie maar dat hy ook opsetlik die latente defekte weerhou het van Sannie.
3. In hierdie aangeleentheid kon Sannie nie suksesvol bewys dat Jannie van die latenete defekte bewus was en vervolgens dit ook opsetlik van haar weerhou het nie.
4. Jannie se appél slaag dus en Sannie was deur die hof beveel om die eiendom te verlaat.
Maak dus seker dat jy in die toekoms met die aanskaf van ‘n stukkie vaste eiendom nie net die perseel deeglik inspekteer nie maar dat jy ook kyk of die bouplanne van die eiendom in lyn is met die bouregulasies.
*Odendaal vs Ferrari’s (2008) 4 All 529 (SCA)
| kontak ons |
delport ward & pienaar
attorneys,
notaries & conveyancers
1e vloer - cornerstone house
loopstraat 16
kaapstad
8001
telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733
telefaks, algemeen
+27-21-419.3743
telefaks, aktes
+27-21-425.6782
telefaks,
invorderingsafdeling
+27-21-421.6625
telefoon, londen
+44-20-8133.0337
telefoon, washington
dc
+1-202-657.6733
telefoon, hong kong
+852-8139.7374
1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743