dwp eNewsletter

Vol 3 : Uitgawe 3 - Augustus 2009

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sê |

| as jy vandag die oes plant, sal jy more die risiko dra |

 

Hoeveel verantwoordelikheid het ouers vir die kinders se opvoeding en skoolgeld, veral in ‘n situasie waar die ouers nou geskei is, of waar die kind buite die eg gebore is? In die aangeleentheid van Fish Hoek Primary School v Welcome 2009 (3) SA 36 (C) is presies hierna gekyk:

 

Die skool het ‘n dagvaarding uitgereik teen Pappa Welcome in die bedrag van R1610,00 vir agterstallige skoolgeld ten opsigte van Jannie se skoolgeld van Julie 2003 en verder.  Pappa was die natuurlike vader van Jannie wat gebore was uit ‘n vorige huwelik met Mamma.

 

Pappa se verweer in die aangeleentheid was egter dat hy nie die toesighouer of die voog van Jannie was nie en dat hy nooit enige ooreenkoms met die skool gesluit het ten opsigte van betaling van skoolgeld vir Jannie nie.

Die vraag voor hierdie Hof was of die natuurlike ouer van ‘n kind gebore uit ‘n huwelik aanspreeklik was vir skoolgeld indien hy nie die toesighoer of voog was nie.  In terme van die Suid Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 word ‘n ouer as volg omskryf:

a)         Die ouer of voog van ‘n leerder;

b)         Die persoon met wettige aanspraak op sorg vir die leerder; of

c)         Die persoon wat onderneem om die verpligtinge van ‘n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom.

 

Na aanleiding van hierdie definisie sal ‘n persoon soos Pappa wat die natuurlike vader van die kind is wat uit ‘n huwelik gebore was,  maar wat nie die voog of die toesighouer van die kind is nie, nie as ouer klassifiseer in terme van die Wet nie.  Die Hof het egter verwys na Artikel 21 van die nuwe Kinderwet (Wet 38 van 2005). Hierdie artikel handel oor die regte en verpligtinge van enige biologiese ouer.  Artikel 21 van die Kinderwet het egter eers in werkening getree op 1 Julie 2007 en die skool se eis het reeds voor daardie tydperk onstaan. As gevolg hiervan het die Hof beslis dat Artikel 21 nie terugwerkend van aard is nie en daarom was Pappa nie aanspreeklik vir Jannie se skoolgeld nie.

 

Omdat Artikel 21 van die Kinderwet regte en verpligting skep teenoor selfs die buite-egtelike ouer van ‘n kind sou Pappa wel vir Jannie se skoolgeld aanspreeklik wees, al was Jannie ‘n buite-egtelike kind, indien die eis onstaan het na 1 Julie 2007.

 

Dit is dus egter belangrik vir alle Pappas om in gedagte te hou dat al is jy die vader van ‘n buite-egtelike kind jy vir enige eis na 1 Julie 2007 teen opsigte van skoolgeld die risiko sal dra indien jy die oes gesaai het. Welkom nuus vir die kinders verseker!

| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za