wwp eNewsletter

Vol 3 : Uitgawe 7 / 8 - Desember 2009 / Januarie 2010

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sê |

| hereregte vrystelling, oordragte: mpy'e na persone |

 

English summary is available below.

 

Daar is tans ‘n vrystelling op die betaling van hereregte in sekere gevalle waar ‘n woning oorgedra word van ‘n maatskapy of trust na die inidividu of individue wie se woning dit was en wie die belang in die maatskappy of trust gehou het.

 

Die vrystelling is van toepsaasing op die toepaslike vervreemdings (verkopings of skenkings) vanaf 11 Februarie tot 31 Desember 2011. Indien hereregte per ongeluk betaal is op ‘n transaksie waarop die vrystelling betrekking sou wees, kan diesulke hereregte teruggeeis word deur die normale proses vir terugbetalings te volg.

 

Alhoewel die vrystelling reeds in effek is het SARS egter steeds nie die proses of die nodige dokumente gefinaliseer om met hierdie vrystellingsaansoeke te handel nie. SARS se Kaapstad kantoor het egter onlangs bekend gemaak dat, tot tyd en wyl SARS en die Wetsgenootskap die nodige vorms uitgereik het, die volgende dokumente ingedien moet word:

 

-       Normale TD vorms (TD 1, 2 en/of 3, afhangende van die tipe vervreemdingsakte)

-       Die vervreemdingsakte

-       ’n Beëdigde verklaring van die natuurlike persoon (of persone) aan wie die eiendom oorgedra word wat die volgende uiteensit:

o    dat hulle persoonlik en normaalweg in die woning gebly het (sedert 11 Februarie 2009), dat hulle dit hoofsaaklik vir huislike doeleindes gebruik het en steeds so gaan gebruik na die oordrag;

o    Dat die maatskappy/trust besluit het om die eiendom aan hulle, die aandeelhouers/lede oor te dra (ingelvolge die bepalings van paragraaf 51 van die Agste Skedule tot die Wet op Inkomstebelasting, 1962);

o    Dat die eiendom kleiner is as 2 (twee) hektaar; en

o    Dat aansoek gedoen is vir vrystelling van hereregte in terme van artikel 9(20) van die Wet op Hereregte, 1948) EN

-       ‘n Onderneming deur die aktebesorger dat die dokumente betyds ingedien sal word vir registrasie in die Akteskantoor nie later nie as 31 Desember 2011;

-       A afskrif van die register van aandeelhouers van die maatskappy (of die CK1/CK2 van ‘n beslote korporasie), tesame met ‘n beëdigde verklaring van die openbare beampte dat die inligting die korrekte posisie soo op 11 Februarie 2009 reflekteer;

-       ‘n Afskrif van ‘n munisipale rekening as bewys van die feit dat die natuurlike persoon (of persone, of hulle eggenote) in die huis woonagtig is; en

-       ‘n Uitdruk van ‘n Aktesnasoek wat bewys dat die eiendom in die naam van die maatskappy, beslote korporasie of trust se naam geregistreer is.

 

‘n Afskrif van SARS se kennisgewing kan hier gevind word.

 

 

While there is currently an exemption on transfer duty in respect of the transfer of a primary residence from a trust, company or close corporation to the natural person(s) behind the company/CC/trust and who resides in the property, SARS has not yet resolved the process or forms which needs to be submitted to apply for same.

 

Here is a copy of the latest memo for the SARS Cape Town branch, setting out the interim arrangements which must be followed in order to apply for such and exemption.

.

in samewerking met

 

| kontak ons |

ward, ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za