dwp eNewsletter

Vol 2 : Uitgawe 9 - Februarie 2009

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sę |

| hou jou vingers uit die kasregister! |

 

Alle prokureurs weet wat eties is wanneer dit kom by die hantering van trustgeld maar tog hoor ons gereeld van prokureurs wat van die rol geskrap word weens die feit dat hulle met hul “hande in die till” gevang word.

 

In de saak van Swartzberg v Law Society, Northern Province,  het mnr Swartberg aansoek gedoen vir hertoelating as prokureur nadat hy 8 jaar gelede van die rol geskrap was vir die versuim om behoorlik boek te hou van al sy rekeninge, diefstal van trustgeld en bedrog. Die hof van eerste instansie het sy aansoek van die hand gwewys en Swartbeg het geapelleer.

 

Die Appélhof het bevind dat wanneer ‘n prokureur wat voorheen van die rol geskrap was weer vir toelating aansoek doen, die onus op hom rus om die volgende   op ‘n oorwig van waarskynlikhede moet bewys:

1. daar was ‘n egte hervorming aan sy kant;

2. dat die karakter wat daartoe gely het dat hy  van die rol geskrap was;

3. en indien hy weer toegelaat sou word dat hy in die toekoms  ‘n eerlike en betroubare lid van die regsprofessie sal bly.

 

  Die hof lys ‘n aantal faktore wat hy in ag neem wanneer hy besluit of die applikant geslaag het met sy bewyslas naamlik;

1. die aard en graad van die handeling wat meegebring het dat hy geskrap was;

2. die verduieliking wat die applikant vir sy gedrag gee;

3. die manier waarop hy hom gedra het tydens ondervraging  voordat hy van die rol geskrap was;

4. die tydsverloop tussen die skrapping  van die rol en die heraansoek;

5. sy aktiwiteit voor die aansoek

6. sy poging om die skade wat hy berokkel het te herstel na sy skrapping

 

Nadat die hof alle bovermelde fakrore op die spesifieke  aansoek toegepas het beskik die hof steeds oor die diskresie om die persoon toe te laat al dan nie. Die hof het ook dit duidelik gemaak dat indein die dade wat gelei het tot ‘n persoon se skrapping baie ernstig was hy baie moeilik hertoegelaat sal word.

 

In vermelde aangeleentheid het die hof bevind dat Swartberg nie die hof op ‘n oorwig van waarskynlikhede die hof kon oortuig dat hy ‘n gepaste  persoon is om hertoegelaat te word nie.

 

.

 

 

 

 


| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za