dwp eNewsletter

Vol 2 : Uitgawe 10 - Maart 2009

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sę |

| geen tiermelk saam met cowboys & crooks! |

 

Neil Brooks, die Vader van Nicole en Aaron het vreedsaam saam met sy vrou gewoon in die woonbuurt Bothasig, in die Kaapse Skiereiland. Oom Neil was baie lief vir gewere maar het ook ‘n besondere sagte plekkie vir tiermelk gehad. Hy was die eienaar van ‘n 9mm pistool as ook ‘n punt 38 rewolwer en het oor lisensies beskik vir beide hierdie vuurwapens wat hy in terme van Artikel 3(1) van die Vuurwapen Wet, 57 van 1969, wettiglik verkry het.

 

Op die aangeleentheid 21 Oktober 1995 het hierdie twee voorliefdes van Oom Neil gekombineer wat gely het tot tragedie. Na die middag van vermelde datum nadat Oom Neil ‘n paar dubbels te veel geneem het, het hy en sy vrou in ‘n woorde wisseling betrokke geraak waarna hy sy vuurwapens gaan haal het en op die lede van sy familie begin skiet het. Hy het beide sy vrou Dawn asook sy dogter Nicole doodgeskiet waarna hy strafregtelik vervolg was en gevonnis is tot 20 jaar gevangenis straf. Oom Neil is steeds besig om hierdie vonnis van hom uittedien.

 

Die seun van Oom Neil Aaron Jonathan Brooks het die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gedagvaar vir die skade wat hy gely het as gevolg van die dood van sy broodwinner. (Brooks vs Minister of Safety and Security) 036/08)) 2008) SCA141(27 November 2008). Aaron se basis vir sy eis was gegrond op die feit dat die polisie nalatig was deur verhoed het om die redelike stappe te neem toe hulle aan Oom Neil sy vuurwapen lisensies uitgereik het. Volgens Aaron sou hierdie tragiese voorval nie gebeur het indien die polisie die nodige sorg aan die dag toegelę het nie.

 

Aaron het dus die volgende bedrae van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit geeis:

 

1.            R168 000,00 (Een Honderd Agt en Sestig Duisend Rand) vir die feit dat hy die ondersteuning van sy Vader verloor het;

2.            R2 400 000,00 (Twee Miljoen Vierhonderd Duisend Rand) vir die feit dat hy ‘n ordentelike opvoeding geleentheid kwyt is weens die feit dat hy die ondersteuning van sy Vader verloor het.

 

Die Staat het egter die volgende redes aangevoer waarom hulle nie verantwoordelik was vir die betaling van bovermelde bedrae nie:

 

1.            Daar het geen onbillik teen Aaron se Vader as broodwinner plaasgevind nie;

2.            Die polisie het nie regmatig opgetree nie;

3.            Daar was geen kousale verband tussen die beweerde nalatigheid van die polisie en die skade wat gely is nie.

 

Die Hof het egter aangevoer dat Aaron die volgende moet sal bewys:

 

a.            Onregmatige handeling deur die Staat;

b.            Die dood van die oorledene; en

c.            Kousale verband tussen (a) en (b).

 

Die Hof het besluit dat die broodwinner naamlik Oom Neil hier deur sy eie opsetlike handeling veroorsaak het dat hy nie verder vir Aaron kon ondersteun en versorg nie. Die Hof het bevind dat dit sal verkeerd wees indien hy beslis dat Oom Neil deur sy eie opsetlike onregmatige handeling skuld oorsaak vir Aaron kan skep en sodoende vir Aaron daar deur die geleentheid gee om ‘n bedrag skade te verhaal. Die Hof was van mening dat ‘n persoon nooit kan voordeel trek uit sy eie onregmatige daad nie

 

Aaron Brooks se eis teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit het ongelukkig nie geslaag nie.

 

 

 

 


| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za