dwp eNewsletter

Vol 2 : Uitgawe 12 - Mei 2009

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sê |

| my bakkie en my leer maak my hartseer |

 

As jy gedink het ‘n bakkie, ‘n leer en ‘n bietjie savvy wat saamgegooi is, is die beste resep om ‘n maklike geldtjie langs die kant te maak, moet jy verseker kennis neem van die saak van “Piet Toerusting” teen “Koos” (oftewel Mutual Construction teen Komati Dan Joint Venture) wat homself in die hoogste hof van appel afgespeel het.

 

Piet Toerusting en Koos het ‘n huur ooreenkoms aangegaan in terme waarin Piet Toerusting aan Koos ‘n voertuig verhuur het vir ‘n sekere periode waartydens die voertuig aangewend sou word om sekere boumateriaal te vervoer. Tesame met die voertuig het Piet Toerusting ook aan Koos ‘n operateur verhuur wat dan sou toesien tot die bestuur van hierdie voertuig.

 

Die belangrikste terme van hierdie ooreenkoms was as volg:-

1.         Die operateur sou terwyl hy die voertuig bestuur het onder die uitsluitlike en absolute  beheer van Koos gewees het.

 

2.         Koos sou aan die operateur spesifieke en uitdruklike  instruksies ten opsigte van die roetes  wat met hierdie voertuig gery moet word.

 

3.         Die ooreenkoms het verder voorsiening gemaak dat Koos redelike toesig oor die operateur moes uitoefen terwyl die voertuig op ‘n spesifieke gebied gewerk het.

 

4.         Koos was ook verantwoordelik vir enige skade wat as gevolg van nalatigheid of die misbruik aan Koos se kant veroorsaak was.

 

5.         Terwyl die operateur die op ‘n dag die voertuig bestuur het, het hy egter aan die slaap geraak, van die pad gery en teen ‘n keerwal langs die pad gebots. As gevolg hiervan was die voertuig erg beskadig en Piet Toerusting het vir Koos gedagvaar in die Hooggeregshof vir die skade aan die voertuig, sowel as die verlies aan inkomste sedert die voertuig in die ongeluk betrokke was. Die Hooggeregshof het bevind dat Koos egter nie verantwoordelik was vir die skade aan die voertuig aangerig nie aangesien hy vir die operateur geleentheid gebied het om te slaap en sodoende  nie aan die slaap kan raak wanneer hy met die voertuig ry nie. Die operateur het egter nie van hierdie verguning gebruik gemaak nie en die hof het bevind dat die operateur se nalatigheid buite die beheer van Koos was en daarom was Koos nie vir die skade aan die voertuig verantwoordelik nie.

 

6.         In die saak van Mutual Construction Co (Pty)Ltd v Komati Dan Joint Venture 2009 (1) SA 464 (SCA) het Piet Toerusting egter teen hierdie beslissing geappelleer en die Appèlhof het Piet se aansoek om appèl gehandhaaf en die hof se redes was as volg:-

 

(a)        Die Appèlhof het beslis dat die huurder van ‘n artikel ‘n plig het om die artikel in dieselfde kondisie aan die verhuurder terug te gee by die verstryking van ‘n huurtermyn uitsluitende normale “wear and tear”.

 

(b)        Die hof beslis verder dat al wat Piet Toerusting moes bewys om te slaag met ‘n eis vir skade teenoor Koos, was om te bewys dat die voertuig wel beskadig was. Die bewylas sal hierna  na Koos skuif  om te bewys dat daar geen nalatigheid aan sy kant was, en dat die ongeluk nie onder sy beheer plaasgevind het nie. Die Hof  het dus in Piet Toersuting se guns bevind en bevind dat Koos daar nalatigheid aan die kant van Koos was deurdat die ongeluk plaasgeving het terwyl die operateur onder Koos se toesig was toe die ongeluk plaasgeving het.

 

(c)        Koos was dus bevel om die skade aan die voertuig en die verlies van inkomste aan Piet Toerusting te betaal.

 

| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za