dwp eNewsletter

Vol 3 : Uitgawe 6 - November 2009

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sê |

| kennisgewings itv die kredietwet:gestuur of ontvang? |

 

Die feit dat die Nasionale Kredietwet verreikende gevolge op ons reg gehad het, en steeds het, blyk uit die volumes hofbeslissings en opinies wat daarmee handel. Die einde is nog ook nie in sig nie, aangesien leemtes en verskillende interprestasies van die menige artikels nog gereeld opduik.

 

Een so leemte het betrekking op die interpretasie van artikel 86(2) van die Wet – ‘n kort bepaling wat groot gevolge vir beide kredietversakffers en verbruikers inhou. Maar voor ons by die bepaling kom gee ons gou ‘n oorsig van die eisproses om te illustreer waar hierdie artikel ter sprake kom.

 

In meeste omstandighede wat ‘n kredietverskaffer ‘n kredietooreenkoms wil afdwing moet hy eers ‘n geskrewe kennisgewing in terme van artikel 129(1)(a) aan die verbruiker stuur. Die kennisgewing moet in wese die volgende bevat:

-       dit moet die verbruiker wys op die feit dat hy/sy die terme van die kredietooreenkoms verbreek het; en

-       voorstel dat die kredietooreenkoms na ‘n skuldberader, alternatiewe dispuutbelseggingsagent, verbruikershof of ombudsman met die nodige jurisdiksie verwys word met die doel dat die partye enige dispuut rakende die ooreenkoms moet oplos of ‘n betalingsplan ontiwkkel in terme waarvan die verbruiker sy betalings op datum kan bring.

 

Volgens artikel 129(1)(b) mag ‘n kredietverskaffer eers ‘n regsgeding instel om die ooreenkoms af te dwing as die verbruiker al ten minste 20 dae lank in gebreke bly om die kredietoorneekoms na te kom én te minste 10 dae verlooop het vanaf die bogenoemde kennisgewing aan die verbruiker verskaf is.

 

Die Wet bevat sekere bepalings wat dit moontlik maak vir ‘n verbuiker wat oorbelas is met skuld om aansoek te doen vir skuldhersiening. In terme van artikel 130(3)(2)(a) mag ‘n hof slegs ‘n aangeleentheid beslis indien die kredietverskaffer nie die regsgeding geloods het terwyl die aangeleentheid voor ‘n skuldberader, alternatiewe dispuutbelseggingsagent, verbruikershof of ombudsman met die nodige jurisdiksie was nie. Met ander woorde, terwyl daar ‘n aansoek vir skulhersiening aan die gang is kan ‘n kredietverskaffer nie ‘n hof nader om ‘n ooreekoms wat deel vorm van so ‘n hersioeningsaansoek af te dwing nie.

 

In ‘n poging om te keer dat verbuikers skuldhersienings aansoeke gebruik bloot om eisers wat reeds met die eisproses begin het te frustreer, bepaal Artikel 86(2) dat ‘n aansoek vir skuldhersiening nie gebring mag word ten opsigte van ‘n ooreenkoms wat die kredietverskaffer reeds begin afdwing het nie deur stappe te neem wat in artikel 129 genoem word.

 

Hierin lê presies die probleem – artikel 129 verwys na beide die kennisgewing (in art 129(1)(a)) en die instel van ‘n regsgeding (“commencement of legal action”) (art129(1)(b)). Is die kennisgewing in terme van artikel 129(1)(a) genoeg om die verbruiker te keer om aansoek te doen vir skuldhersiening (of ten minste ten opsigte van daardie ooreenkoms)? Of andersins, mag ‘n verbruiker ‘n aansoek vir skuldhersiening bring sodra hy ‘n eiser se kennisgewing ontvang maar die eiser het nog nie dagvaarding laat uitreik en/of beteken nie (want hy moet die verbruiker 10 dae kennisgewing gee voor dit kan gebeur)?

 

Die howe het klaarblyklik nog nie nodig gehad om uitdruklik hierop te beslis nie, maar die verwysings wat wel in onlangse uitsprake daarna gemaak is dui daarop dat die howe uiteindelik behoort te beslis dat die wetgewer bedoel het dat die kennisgewing in terme van artikel 129(1)(a) die begin van die proses om ‘n ooreenkoms afte dwing, en derhalwe dat ‘n aansoek vir skuldhersiening wat ná so ‘n kennisgewing gebring word nie op die relevante ooreenkoms betrekking sal hê nie.

 

Dit blyk dat verbruikers wat so ‘n kennisgewing ontvang gebruik sal moet maak van die proses waarna in die kennisgewing self verwys word. Indien die geding nie geskik kan word nie en wel later deur ‘n hof bereg word, en die verbriuker kan bewys dat hy steeds oorbeswaar (“over-indebted”) is, kan hy in elk geval die hof in terme van artikel 85 vir skuldhersiening nader.

 

Vir kredietverskaffers beteken dit dat daar streng aan die kenninswgewingsvereistes gehou sal moet word om die kans te staan om ‘n dispuut oor ‘n kredietooreenkoms uiteindelik deur ‘n hof aangehoor te kry.

| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za