dwp eNewsletter

Vol 3 : Uitgawe 5 - Oktober 2009

Om terug te gaan na die hoofbladsy, kliek hier.

 

| ek sê |

| van geld, egskeidings en saucy affairs, hp v sp |

 

Daar is min prosedures in ons regstelsel wat so handig is soos ‘n tydige aansoek in terme van Reël 37 van die Hooggeregshof rëels nie. In wese voorsien die reël dat ‘n gade ‘n aansoek kan bring waarin die hof gevra word om ‘n bevel toe te staan vir tydelike onderhoud terwyl ‘n egskeiding geding aanhangig is, en voordat die kwessie van onderhoud finaal in die egskeidingsbevel bepaal word.

 

In hierdie saak, wat in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling van die Hoë Hof afgespeel het, het Me. SP ‘n Reël 43 aansoek gebring teen haar aanstaande eks-man, Mnr. HP, vir wie sy ook dagvaar vir egskeiding.

 

Die basis van Me. SP se aansoek was dat sy werkloos was en dat sy haarself nie kon ondetrhou nie. Sy het beweer dat, sedert sy die gemeenskaplike huis verlaat het, haar vriende vir haar van haar daaglikse behoeftes voorsien het. Sy wou egter nie meer op haar vriende se goedhartigheid staatmaak nie, en wou hê dat Mnr. HP haar weer moet onderhou.

 

Me. SP het egter vir Mnr HP en die gemeenskaplike huis verlaat vir ‘n man, ene T, met wie sy ‘n buite-egtelike verhouding gehad het. Mnr HP het beweer dat sy saam met T woon en dat T haar skynbeaar onderhou. Me. SP het dit nie ontken in die die stukke voor die hof nie.

 

Die hof het beslis, in navolgiong van vroeëre gesag, dat dit teen die openbare beleid sou wees om vir iemand in Me. SP se posisie toe te laat om van van beide haar man en haar putatiewe “tweede man” onderhoud te ontvang. Die hof was skynbaar nie so gekant teen die morele veragtelikheid (al dan nie) van Me. SP se aksies nie, maar teen die idee dat ‘n vrou onderhou word deur twee mans tergelyke tyd.

 

Me. SP se aansoek is dus met koste van die hand gewys.

 

 

 

 

 

*HP Sauce is 'n geregistreerde handelsmerk van HP Foods Ltd van Birmingham in Engeland en dwp het geen verbintenis tot die maatskappy nie. Die foto is verkry vanaf wikipedia via die webwerf hpsauce.com.

 

| kontak ons |

delport ward & pienaar

attorneys, notaries &  conveyancers
1e vloer - cornerstone house

loopstraat 16

kaapstad

8001

 

telefoon, kaapstad
+27-21-419.3733

 

telefaks, algemeen
+27-21-419.3743

 

telefaks, aktes
+27-21-425.6782

 

telefaks, invorderingsafdeling
+27-21-421.6625

 

telefoon, londen
+44-20-8133.0337

 

telefoon, washington dc
+1-202-657.6733

 

telefoon, hong kong
+852-8139.7374

 

|info@dwp.co.za|

|www.dwp.co.za|

 

 

 

1st floor - cornerstone house, 16 loop street, cape town | docex 600, cpt | t, +27-21-4193733 | f, +27-21-4193743

info@dwp.co.za | www.dwp.co.za